My naam is Marinda Roos en ek is ʼn skrywer

Ek het as tiener liefdesverhale verslind. 9 jaar gelede het ek vir ʼn Romanse kompetisie ingeskryf by NB Uitgewers. Die gogga het my behoorlik gebyt. Twee jaar gelede het ek ‘n Liefdesverhaal kursus gedoen en van ons kursusgangers het kontakbehou met mekaar. Ons het groot vriende geword met die aanbieder. Later is – Ink in my pen gebore, waarop kortverhale verskyn.
Wie ek is:

Ek is ʼn Ma, ouma van twee klein dogters en ʼn vrou wat hou van uitdagings. Ek is ʼn direkteur van twee Vervoer maatskappye. Ek hou van sport, veral die Formule 1, krieket en tennis.
My missie, visie en waardes:

Ek wil Afrikaans lewendig hou, so ook lees. Ek wil nie hê boeke moet uitsterf nie. Elke storie wat ek skryf, lê na aan my hart. Die karakters, ʼn gebeurtenis of plek. Wanneer mense my boeke lees, moet hulle kan vergeet van al die sorge in die lewe.


Resensies:

Op Ink in my pen – is daar 8 kortverhale van my. My humoristiese kampstorie was al die meeste gelees. Daar is verhale oor Kersfees, geweld, emosionele mishandeling en n historiese verhaal wat tydens die Boere oorlog afspeel.
Dit is opgedra aan my oumagrootjie wat as jong kind in die konsentrasie kamp was. Die storie lê na aan my hart.
Spesiaal aan my:

Ek skryf stories uit my hart uit. Ek gaan doen navorsing oor sekere aangeleenthede. My stories is nie die gewone held en heldin wat by die tuinhekkie ontmoet nie.
Ek is besig om navorsing te doen oor ʼn verhaal wat in die Formule 1 wêreld afspeel. Ek het twee keer die Formule 1 gaan kyk, in België- Spa en Oostenryk – Spielberg.
Diens en produkte:

Ek skryf kortverhale wat op – Ink in my pen, verksyn. (Gaan kyk op
www.inkinmypen.com
Ek skryf romantiese boeke ook. Daardie stories met ‘n uitgerekte spanning tussen die held en heldin. ʼn Einde wat jou tone laat omkrul.



