Meer as ‘n Vriend – Marinda Roos
R150,00
Elsje Fourie gaan kruip weg in Robertson na haar egskeiding. Ver weg van Waterkloof se liggies, haar geweese man en teepartyjies. Haar hond Rufus, vul die krake elke dag met sy hondehart. Met ’n skok ontdek sy een dag, dat haar eerste groot liefde se seuntjie in haar skoolklas is.
Divan Ehlers is omgekrap oor Stefan se juffrou, haar hond en die gevoelens wat sy in sy binneste wakker maak. Hy het mos nege jaar gelede van haar afskeid geneem. Vir nou kan hulle net vriende bly.
Die kuiertjies om ’n vuur word meer en die aantrekkingskrag tussen twee vriende, word al hoe sterker. Maar in elkeen skuil daar geraamtes van die verlede. Gaan hulle vriendskap sterk genoeg wees, of is die letsels te diep gesny?
