Jy proe soos heuning – Marinda Roos

R150,00

Katrien Nel besit ‘n koffiewinkel in die ooste van Pretoria. Haar beste vriendin reël ‘n toeoog afspraak met Ryno. Sy verslaap die volgende oggend, daag laat op vir die afspraak en ontmoet die verkeerde man van haar drome. Sy voel skaam, ontnugter en opgewonde.

Handré Swiegers is katvoet vir verhoudings maar die aantreklike donkerkop het iets in hom wakker gemaak. Hy gaan nie moed opgee nie en probeer weer. Gediggies en blomme word afgelewer om die spanning tussen hulle te breek. Hy is nie verniet in bemarking nie.

Daar word ‘n kennisgewing by haar afgelewer oor die muisplaag in haar kombuis. Skielik stel ontwikkelaars belang in die winkelkompleks. Almal ontvang koopkontrakte, behalwe Katrien. Vinnig ontdek sy iemand is besig om haar te saboteer. Handré kom tot haar redding en die liefde proe skielik soos heuning.