Liefste Kaalvoet Luitenant – Marinda Roos

R150,00

Anke Moolman. Luitenant van die Valke, word na ‘n Groot Vyf Lodge toe gestuur om onder die dekmantel te gaan werk. Daar word met renosterhorings gesmokkel en sy moet uitvind wie die skuldige is. Sy is toegewyd in haar werk, maar val hard vir die aantreklike baas. Hulle stamp gereeld koppe en die vuur tussen hulle vat kort-kort vlam.

Len het al genoeg gehad van mooi vrouens en hulle streke. Hy is streng met Anke, met omdat hy dink die beeldskone, jong vrou is moeilikheid. ‘n Skietvoorval op sy plaas laat hom ‘n ander kant van haar leer ken.

Sy doen alles in haar vermoë om die skuldiges te vang, al beteken dit sy moet goeie vriende maak met die buurman. Len is woedend as hy uitvind van haar kuiertjies by sy buurman. Helga, sy persoonlike assistent sorg ook vir genoeg drama in hulle lewe. Gaan die twee uiteindelik bymekaar uitkom of gaan die leuens en verraad te groot wees om te vergewe.