Jou Liefde Het My Uitgeboul – Marinda Roos
R150,00
As fisioterapeut spesialiseer Melinda Nel in sportbeserings. Wanneer haar ou skool liefde in haar praktyk beland, spat die vonke behoorlik. Haar hart klop, soos jare gelede, steeds wild wanneer sy dink aan Eben. Boonop lyk dit asof hy so effens beenaf is op haar.
Eben mag dalk gevoelens hê vir Melinda, maar tyd vir liefde en langtermyn verhoudings het hy nie. Daarvoor is sy loopbaan as krieketspeler te belangrik. Hy is min by die huis, toer gereeld en boonop het hy as Protea-speler oorgenoeg vroulike bewonderaars. Hy verkies dinge presies so: ongekompliseerd. Wanneer die Proteas Melinda aanstel as die nuwe fisioterapeut vir hulle toer na Engeland word dinge vir albei skielik baie meer gekompliseerd. Nou is loopbane op die spel. Vir kalwerliefde is daar nie tyd nie. Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie en mag hulle dalk net slaan vir ’n ses.
 
				