Belofte Onder Die Soetdoring – Marinda Roos
R150,00
Lana Winterbach het as ouditeur begin werk by ‘n bekende ouditeursfirma. Sy is beeldskoon, slim en platsak. Haar prokureur kom met ‘n huweliksaansoek om haar uit die finansiële verknorsing te help. Die aanbod kom soos ‘n skok, want sy ken die man redelik goed.
Ivan Rossouw, die seun van die buurplaas, is nie meer die seuntjie van 15 jaar gelede nie. Hy maak gevoelens in haar wakker. Daar is ‘n kontrak tussen hulle en ’n plan wat nie skeef mag loop nie.
Die band tussen hulle word sterker, en die speletjie om almal om die bos te lei raak al hoe ingewikkelder. Nie een van hulle was reg vir die liefde nie. Gaan hulle liefde hou, of gaan die spoke van die verlede hulle paaie laat skei?
